25 September 2010

Snot Siekte

twee maande van messe in my wange
en see skulp gedreun in my ore,
het my (teen my wense) geboelie in die gebruik van:

  1. 10 pille penilisilien
    (witter as die bleek op my wange)
  2. een boud inspuiting
    (wat meer brand as die rooi in my oe)

die rooi in my oe, 
komplimente van my oorlogskip kop
en twee maande van 'n ondraagbare sinus slym prop