22 October 2010

Letters Prentjie Blik.

1

Practical Week -

1. Created a personal collection of vernacular lettering around Bellville train and bus station.

2. Created one for Kayamandi as well.

3.  Made several visual enquiries into their relationship to my own visual language (middle-class mainstream graphic design).

2

06 October 2010

Kruisbeen teen die teer

Kopbeen teen die baksteen
en kruisbeen teen die teer
Ingevleg waar die grond en muur van mekaar skeur
Sit ek en bid:

o Heer!
U weet soms le ek met my
aksies teen die baksteen
en my hart teen die teer
Ingevleg waar my begeertes en u wil van mekaar skeur.

(sitting against the station wall / waiting for the evening train back to bellville / 06.10.2010)

Die Kinders raas te veel.

Trein kerk… of nee
Die Kinders raas te veel
oorkant die spoor
Omtrent 'n 100 man sterk skool uitstappie
Omtrent Sub A, of B
(of altans, omtrent Graad 1 of 2)

My denke die reen
En hulle,
Die krake in die teer
Waar dit verdwyn

Na wie weet waar

2814 kom aangeskree
Maar haar wiele bedaar
Vir die 200 voete en hande wat sy moet dra
Na enige plek behalwe hier
of enige trein wat begin met 34

(Waiting for the morning train on bellville station / wanted to write a poem about the analogues between trains and the early pauline churches / got distracted by the noise of a primary school excursion on the opposite platform / 6.10.2010 )